Ons Vissie

ONS VISSIE

Die Jong Leerling Akademie (JLA) is ‘n Afrikaanse (mikro) privaatskool in die ooste van Pretoria. Die visie van die JLA is om emosioneel stabiele entrepreneurs te skep, met Christelike waardes, integriteit, nederigheid, en respek as fondasie.


Die filosofie van JLA staan op vier pilare


AKADEMIE

Die JLA het ‘n unieke konsep ten opsigte van breinstimulasie en poog om aan elke leerder die geleentheid te bied om sy maksimale potensiaal op ‘n eerlike en feitlike wyse te bereik. ‘n Maksimum van 12 leerders per jaargroep word toegelaat sodat individuele aandag van ‘n hoë standaard moontlik is. Die voertaal is Afrikaans. Ons volg die kurikulum van KABV (CAPS).


FISIESE PROGRAM

Die JLA het ‘n spesiale fisiese program om die leerders tot fiksheid te lei. Die program is internasionaal ontwikkel en bied aan elke leerder die geleentheid om teen hom/haarself te kompeteer en om sy/haar vorige rekords te verbeter. Dit is die beleid van die JLA om nie kompetisie tussen leerders aan te moedig nie.


VOEDING

“Die JLA bied ‘n gebalanseerde dieëtprogram om optimale leer en fiksheid te bevorder. Al die leerders geniet ‘n volledige proteiënontbyt.

GELOOF

Die JLA is ‘n Christen Akademie. Liefde, vriendelikheid en respek skep die atmosfeer by die JLA.









Stel jouself voor, as jy kan, ‘n revolusie met geen bloedvergieting, geen pyn, geen mishandeling, geen haat, geen hongersnood, geen dood en geen verwoesting nie. In die revolusie is daar slegs twee vyande. Die eerste is oeroue mites en die ander die status quo. Dit is nie nodig om alle outydse tradisies te vernietig nie, maar slegs outydse onwaarhede. Dit is ook nie nodig om dit wat tans goed is, te verwoes nie, net om dit wat verkeerd, vals en nadelig is stadig te laat wegroes.

 

Kindertjies het in hulle die kapasiteit om enigiets te leer terwyl hulle klein is. Wat hulle op die ouderdom van 2, 3, en 4 jaar, sonder enige bewustelike moeite leer, kan in later jare slegs mét moeite of glad nie geleer word nie. Wat klein kindertjies met vreugde en genot leer, leer volwassenes met pyn en moeite. Wat kinders met spoed leer, leer volwassenes teen ‘n slakkepas. Kinders sal eerder leer as om te eet. Volwassenes sal liewer glad nie leer nie.

 

Dit is moeilik om jouself voor te stel hoe dit sal wees as ‘n kind se honger om te leer gevoed en bewonder kan word eerder as om hom met speelgoed, waarmee hy in elk geval net een keer speel, toe te gooi.

Dit is moeilik om jouself voor te stel dat die wêreld ‘n beter plek sal wees as ‘n jong kind honger is om te sien wat daar te siene is, met Michael Angelo en Monet sowel as met Mickey Mouse gevoed kan word.

 

Kan ons twyfel dat die wêreld ‘n beter plek sal wees as die jong kind met Bach sowel as Rock met Beethoven asook met Mary has a little lamb, gevoed word. In werklikheid kan die jong kind die een net so maklik soos die ander leer.

 

Dit is nie die doel van die JLA om die onderwyssisteem te verander nie, maar eerder om te verander hoe die kind die geleentheid gegee word om te leer, en as ‘n produk hiervan die sisteem te verander.

 

Elke kind wat gebore word het in die oomblik van geboorte ‘n groter potensiële intelligensie as wat Leonardo da Vinci ooit gehad het. “The magic is in the child”

Glen Doman



Share by: